Die skuts van Ligbron Akademie vir Tegnologie het onlangs aan die Streeks-uitdunne deelgeneem wat by Hoërskool Ermelo aangebied was.
Die Liggie-skuts het die volgende plekke behaal:
In die 0/14-afdeling het 50 skuts deelgeneem en Cobus Pretorius het 34ste geëindig met 1 022 punte en SJ van Eck het 37ste geëindig met 1 000 punte.
In die 0/16-afdeling het 55 skuts deelgeneem, Sumé Snyman het 10de met 1 352 punte geëindig, Erenst Botha 14de met 1 311, Morné van Aswegen 16de met 1304 punte, Roeland Minnaar 23ste met 1 281 punte, Gerhard Botma 28ste met 1 256 punte en Beverey Kirsten 44ste met 1 149 punte.
Sophia Gilomee het in die 0/21-afdeling saam met 42 ander skuts deelgeneem en het ’n 18de plek met 1371 punte behaal.
Die vyf skuts wat aan die Mpumalanga-eindronde sal deelneem is Sophia Giliomee, Sumé Snyman, Erenst Botha, Gerhard Botma en Morné van Aswegen.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



