Laerskool JJ van der Merwe se skaakspanne het op 2 Augustus aan die Gert Sibande-laerskoolskaakliga se eindronde by Laerskool Kruinpark deelgeneem.
Die dogtersspan en die 0/13-span het in die derde plek geëindig en brons medaljes verower.
LEES OOK: JJ-atlete ryg medaljes in by Laerskool Piet Retief
JJ se 0/11-span het die toernooi gewen en met goue medaljes huiswaarts gekeer.
Dié span het deurgedring na die Mpumalanga-eindronde wat op 31 Augustus by Laerskool CR Swart sal plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



