NewsSchools

TP Strattten Primary is eerste Evander-skool om robotika aan te bied

TP Stratten Primary School is een van slegs vier plaaslike skole wat vanaf volgende jaar robotika as deel van hul kurrikulum gaan aanbied.

EVANDER – Onderwysers van TP Stratten Primary School het ‘n robotika-kursus op 29 en 30 Julie in Pretoria bygewoon.

Die skoolhoof mnr. Mossie Ourique en me. Tamzin Louw en me. Mellita Gurupersad wat onderskeidelik klasgee in die grondslagfase en seniorfase, het saam met ander plaaslike onderwysers, soos mnr. Danie Heese, hoof van Laerskool Kruinpark, die kursus by Hoërskool Menlopark bygewoon.

Solidariteit het dié opleiding gereël om onderwysers vir die vierde industriële revolusie voor te berei.

Me. Angela Harris van die VSA het die kursus in Suid-Afrika aangebied.

TP Stratten Primary School is een van slegs vier plaaslike skole wat vanaf volgende jaar robotika as deel van hul kurrikulum gaan aanbied.

Me. Mellita Gurupersad (seniorfase-onderwyser), Me. Tamzin Louw (grondslagfase-onderwyser) en mnr. Mossie Ourique (hoof) van TP Stratten Primary School by die robotika-kursus.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button