SECUNDA – Hoërskool Oosterland se orkes het onlangs hande geneem met Springs Boys High School en hul jaarlikse Taptoe-geleentheid by Oosterland aangebied.
Trompoppies van Laerskool Kruinpark en Laerskool Secunda het ook opgetree tydens dié geleentheid.
Al Oosterland se orkeslede wat uit 71 leerders bestaan, gaan gedurende die skoolvakansie aan die Suid-Afrikaanse Skole Orkeskampioenskap in Umhlanga in verskeie afdelings deelneem.
Me. Liné de Vries, skakelbeampte van Hoërskool Oosterland, het gesê die personeel is trots op die orkes.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



