NewsSchools

Biokinetikuste en arbeidsterapeute praat met leerders oor beroepe

Onderwyser koördineer Seth-program by skool

BETHAL – Arbeidsterapeute, biokinetikuste en ander kenners, het gr. 8 en 9-leerders van Hoërskool Hoogenhout die afgelope twee Woensdae touwys gemaak en meer van hul beroepe vertel.

Dié geleenthede is gereël as deel van ‘n nuwe program, Seth (Science Engineering Technology and Health) waarvan Hoogenhout nou deel is.

Dié program is in 2012 deur mnr. Ferdinand Postma begin by ‘n hoërskool op Potchefstroom en is daarop gemik om die gaping tussen die skool en universiteit of werksplek kleiner te maak.

Die Seth-program is deel van die Noord-Wes Universiteit en fokus ook daarop om kritiese denke te ontwikkel.

Me. Lineke Potgieter van Hoërskool Hoogenhout is die koördineerder van die Seth-program en altesaam 44 leerders van dié skool is by die program ingeskryf.

Gr. 9-leerders van Hoërskool Hoogenhout op Woensdag, 18 September by biokinetikus, me. Minette Schneider se praktyk, as deel van die Seth-program.

Die eerste sessie op Woensdag, 11 September, was by die Mediclinic Highveld se opleidingssentrum vir gr. 8-leerders aangebied.

Mnr. Willem Schoonbee, die bestuurder van Mediclinic Highveld, het die Seth-verrigtinge geopen.

Me. Retha Gous (arbeidsterapeut) het met die leerders gesels oor die voordele van teddiebere wat spesiaal swaarder gemaak word en kan help met toestande soos angs, slaapprobleme en Fibromialgie.

Me. Gous het twee van dié spesiale teddiebere (wat as Tumble Teddies bekendstaan) aan leerders geskenk.

Die tweede sessie was op Woensdag, 18 September vir gr. 9-leerders by die biokinetikus, me. Minette Scheinder se praktyk op Secunda, aangebied.

Me. Ilidia Lambrechts, dieetkundige, het met die leerders gepraat oor wat haar werk behels, asook gesonde eetgewoontes.

Sy het gesê ‘n mens sal vir minstens twee en ‘n half ure moet draf om die kalorieë wat ‘n groot muffin en ‘cappuccino’ bevat, te regverdig.

“Wat doen ‘n dieetkundige?,” het sy die leerders gevra en gesê voorkoming is belangriker as om later ‘n oplossing vir die probleem te vind.

“Vetsug veroorsaak baie gesondheidsprobleme en toestande soos diabetes.”

Me. Lambrechts werk gereeld met pasiënte in die intensiewesorgeenheid van die hospitaal en het gesê sy geniet dit.

“Dié pasiënte kan nie eet nie en word met ‘n buis gevoer. ‘n Dieetkundige se werk is om te bepaal hoeveel hulle deur die buis gevoed moet word.”

Sy het die leerders aangemoedig om beter keuses te maak as dit by kos en leefstyl kom om gesondheidsprobleme te verhoed.

Leerders kon vrae vra.

Die ander sprekers was arbeidsterapeute, me. Johanita Sauerman, me. Melissa Vaughan en me. Paulette Nel en biokinetikuste, me. Schneider en mnr. Daniel Rowe.

Arbeidsterapeute, me. Melissa Vaughan en me. Paulette Nel, wys leerders wat hul werk behels.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button