Local newsNews

Dominee vermaak gehoor by Kos, Kultuur en Kuierfees

Die hoogtepunt van die KK&K is 'n komiese eenman vertoning naamlik Meneer Professor Doktor Dominee, wat deur ds. Henry Stopfort aangebied gaan word.

SECUNDA – Die Rondekerk bied op Saterdag, 26 Oktober hul jaarlikse Rondefees aan en dit beloof om groot prêt vir almal te wees.

Olaf (Frozen), Marshall, Chase (Paw Patrols) en Barney bied vanjaar ‘n spesiale vertoning by die fees aan en die kinders sal foto’s saam met hul gunsteling karakters kan neem.

Die fees begin om 9vm en sal duur tot 1.30nm en toegang is gratis.

Van die ander aktiwiteite wat by die fees gaan wees om die kinders te vermaak sluit in ‘n massiewe seerower-glybaan, ‘n vuurpyl, ‘n meganiese bul, gesigverf, ponie-ritte, springkastele en ‘n sandput met speelgoed.

Daar gaan ook ‘n trompoppie-optrede wees, ‘n optrede deur Hoërskool Oosterland se orkes en Fliekflooi.

Heerlike eetgoed wat pannekoek, hamburgers, ‘corn dogs’, boereworsrolle, jaffels, poeding, gebak, kerrie en rys, sosaties, ‘breakie buns’, lekkergoed en gevriesde etes insluit, sal te koop wees.

Daar gaan ook ‘n wit olifant-tafel wees wat allerlei oudhede gaan verkoop, sowel as stalletjies wat handwerk produkte, speelgoed en plantjies verkoop.

Die Rondekerk bied die aand voor die Rondefees, op Vrydagaand, 25 Oktober, ‘n Kos, Kultuur en Kuierfees (KK&K) by die kerk aan.

Die hoogtepunt van die KK&K is ‘n komiese eenman vertoning naamlik Meneer Professor Doktor Dominee, wat deur ds. Henry Stopfort aangebied gaan word.

Feesgangers gaan daarna ‘n spitbraai kan geniet terwyl plaaslike talent die verhoor gaan betree en sal sorg vir agtergrond musiek.

Kaartjies kos R160 per persoon en is by die kerkkantoor beskikbaar.

Me. Ilana Scholtz, skakelbeampte van die Rondekerk, het gesê min mense weet dat ds. Stopforth al verskeie produksies geskryf het en self ook daarin opgetree het.

“Hy gaan almal aan die lag hê met sy eenman-vertoning,” het sy gesê.

Ds. Stopforth het twee jaar terug die Rondekerk se Kersproduksie, “Cheddar en Gouda in Betlehem” geskryf en ook een van die hoofrolle in dié produksie gevertolk.

Dié produksie het ook in die Pierneefteater gedraai en is by verskeie kerke aangebied.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button