NewsSchools

Hoërskool Ermelo se gimnasium onder nuwe bestuur

Hul visie vir die gimnasium is om “High Performance” diens te lewer aan die Ermelo-gemeenskap, asook aan al Hoërskool Ermelo se atlete en sportentoesiaste.

Hoërskool Ermelo het onlangs mnr. Freek en me. Cecile Carelse, as die nuwe eienaars van die skool se gimnasium verwelkom.

Die gimnasium staan nou bekend as “O2Oxygen Fitness and Sports Performance”.

Die egpaar het in 2007 vir vyf jaar in Ermelo gewoon, waarna hulle die handelsmerk K-Fit in Nelspruit begin het.

Ná vele draaie in elke provinsie in Suid-Afrika, asook in Indianopolis, is hulle bevoorreg om terug te wees in Ermelo.

Hulle het Ermelo beskryf as “die gemeenskap met die warmste en seker die vetste harte in die hele wêreld, ’n dorp met ’n ryk kultuur.”

Hul visie vir die gimnasium is om “High Performance” diens te lewer aan die Ermelo-gemeenskap, asook aan  Hoërskool Ermelo se atlete en sportentoesiaste.

Hulle wil graag die omgewing van die gimnasium omskep om meer sport-spesifiek te wees met programme wat die seuns en dogters in hul sportsoorte kan versterk onder professionele toesig, hulp en ondersteuning.

Mnr. Carelse was vir vier jaar by die Puma-rugbyspan se “Strength and Conditioning Team” betrokke.

Dié egpaar het in hul omswerwinge net weer opnuut besef hoe God voorsien en dat Hy werklik die suurstof is wat ons inasem, waarsonder geen bestaan of vooruitgang moontlik is nie.

Dít was die dryfkrag agter hul gimnasium se naam.

Hulle het die gemeenskap van Ermelo uitgenooi om die “O2Oxygen Fitness and Sports Performance” by Hoërskool Ermelo te besoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button