Ligbron Akademie vir Tegnologie het op 8 Oktober, die matriekleerders en mnr. Dup van Rensburg tydens hulle laaste saalopening gegroet.
Die laaste saal opening vir die matrikulante staan bekend as die Kersdoof Seremonie.
Ligbron het die besondere tradisie om elke graad 8-leerling se liggie ná afloop van die Groentjieskonsert aan te steek, om hulle as ware Liggies te herken.
Aan die einde van elke leerder se graad 12 jaar, word hulle liggies weer gedoof en word hulle met wat hulle noem die “lig van die lewe” die buite wêreld ingestuur.
Die hoofseun en hoofdogter, Mark Niebuhr en Simone Stapelberg het elkeen ’n kers aangesteek voordat hulle die saal verlaat het, wat simboliseer dat elke graad 12 nou die lig verder sal uitdra.
Ligbron het leerders alle geseëndheid toegewens vir hulle toekoms wat voorlê, asook baie sterkte vir die eindeksamen wat eersdaags begin.
Die Liggie-gemeenskap het mnr. en me. van Rensburg na 26 jaar en hul wens is dat hulle die nuwe seisoen in hulle lewe met oorgawe sal aanpak.



