
Hoërskool Ermelo het op 1 Oktober hulle jaarlikse-baadjieseremonie aangebied, waar die graad 11-leerders hul streepbaadjies ontvang het.
Dié leerders antwoord ook op die skool se erekode, waarna hul ouers die geleenheid gekry het om hulle gewone groen baadjies met die streepbaadjie te vervang.
Die simboliese waarde agter die baadjies is iets wat die skool na aan die hart lê en is ter aanduiding daarvan dat elke graad 12-leerder deel is van die leiers van die skool en ’n voorbeeld moet stel.
LEES OOK: Hoërskool Ermelo se Errieraad vir 2020 geniet leierskamp
Hoërskool Ermelo se eerste skoolhoof (toe nog genoem die Uitkomstskool), mej. Adriani, het in ongeveer 1917 die breë groen en smal wit kleure voorgestel. Die wit is simbolies vir reinheid en opregtheid en die groen vir moed en hoop.
Die Skoolbybel is na die baadjieseremonie aan die hoofdogter vir 2020, Jana Nel, as simbool van geloof oorhandig, met die wens: “Glo in God en glo in die toekoms, neem dit as ’n lig vir jou pad en ook vir die Erries.”
Die skoolvlag is aan die hoofseun vir 2020, Vosjan Grey, as simbool van oorhandig. Die wens wat gepaardgaan met dié vlag, is: “Neem dit en bou ‘n beter toekoms vir ons skool en ons land.”




