Local newsNews

Jarelange werknemer van Lekwa Foods Me. Jessie Mngune sterf

Haar dood het nie net die eienaar en personeel in skok gelaat nie, maar talle inwoners sal haar gebruiklike 'môre, môre' mis.

Me. Jessie Mngune, jarelange werknemer van Lekwa Foods, het op 2 Oktober op 62-jarige ouderdom in die Standerton Hospitaal gesterf.

Me. Mngune was by die onderneming sedert 1 Desember 2004 in diens en alombekend op haar rondes met haar mandjies met etenstydversnaperinge.

Haar dood het nie net die eienaar en personeel in skok gelaat nie, maar talle inwoners sal haar gebruiklike ‘môre, môre’ mis.

Die Standerton Advertiser het reeds in 2007 ‘n onderhoud met haar gedoen waar haar medemenslikheid na vore gekom het.

Me. Poppie Welmans het destyds hulle werksverhouding opgesom met ‘dis lekker om saam met haar te werk’.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button