Local newsNews
Sonja Kirk van Ermelo bring hoop aan ander tydens borskanker-maand
Die kanker in haar linkerbors was nie so aggresief gewees nie, maar in die regterbors was dit wel.

Me. Sonja Kirk, wat in 2016 met borskanker gediagnoseer is, dra die maand die bekende pienk strikkie om bewustheid van dié kanker onder vroue te bevorder.
Sy deel graag haar storie om hoop aan ander te bring, hoewel dit steeds vir haar ’n emosionele wipplank is om daaroor te praat.
Sy het vertel dat die dag toe sy die nuus ontvang het, dit gevoel het asof iemand ’n mat onder haar uitgeruk het.
Me. Kirk het in Februarie 2016, soos elke jaar daar voor, vir haar roetine ondersoek gegaan, waar sy verseker is dat daar geen probleme is nie.
Sowat vyf maande later, het sy een oggend ’n knop in haar bors opgemerk, waarna sy dokter toe is.
“Ek was dan in Februarie vir ’n ondersoek gewees, so ek het nie gedink dat dit enigsins kanker sou wees nie.”
Sy is deur haar huisdokter vir ’n mamogram gestuur, wat geen abnormaliteite getoon het nie.
Me. Kirk het na die mamogram, gevoel dat daar wel iets fout is en het dadelik vir ’n tweede opinie aangevra.
Haar uitslae het sowat twee weke later teruggekom en bevestig dat sy ’n unieke geval met verskillende kanker in elke bors het.
Die kanker in haar linkerbors was nie so aggresief gewees nie, maar in die regterbors wel.
Sy het aggresiewe trippel negatiewe kanker in haar regterbors gehad.
Lees me. Kirk se volledige berig met simptome en voorsorgwenke vir vroue in die Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



