Local newsNews
Ermelo fotograwe spog met pragfoto’s vir Oktober
In die 4-ster kategorie is mnr. Andrew Roos se foto “AMG” aangewys as die wenner en in die 5-ster kategorie is me. Rosa van Schalkwyk se foto “Haastige Luiperd” as die wenner aangewys.
Ermelo Fotoklub het onlangs hul maandelikse byeenkoms, met mnr. Johan Drotsky van Bethal Fotoklub, as spreker geniet.
Mnr. Drotsky het oor “foto’s in jou omgewing” gepraat en gewys dat ’n fotograaf nie na duur plekke hoef te reis om mooi foto’s te neem nie.
Die maandinskrywings is ook deur hom beoordeel om Oktober se wenfoto’s aan te kondig.
Me. Elzaan Myburg het die 1-ster kategorie met haar foto “krokie” gewen, terwyl mnr. Jacques Kruger se foto “Scruffy” as die wenner in die 2-ster kategorie aangewys is.
Me. Jeanine Smalberger se foto “Laatmiddag hokkie” is as die 3-ster wenner aangewys en ook as die algehele junior wenner.
In die 4-ster kategorie is mnr. Andrew Roos se foto “AMG” aangewys as die wenner en in die 5-ster kategorie is me. Rosa van Schalkwyk se foto “Haastige Luiperd” as die wenner aangewys.
Maak seker om die Hoëvelder te lees vir al die uitslae van Ermelo Fotoklub se Oktober-byeenkoms.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



