’n Projek, ‘Boks vir ’n Boervrou’ is van stapel gestuur om hulp te verleen
Alle bokse word per Interlink-vragmotor na Wellington vervoer.

Dink ’n oomblik aan droogtegeteisterde gebiede in Suid-Afrika.
’n Projek, ‘Boks vir ’n Boervrou’ is van stapel gestuur om hulp te verleen.
Enige skoen-, papier- of wynboks sal deug waar nie-bederfbare produkte ingepak kan word.
Benewens badkameritems is jellie, speserye, hawermout, noedels, tuna, kondensmelk, pleisters, hoofpynpille, soppoeier en mooimaakgoed voorgestel.
Aflaaipunte is die NG Kerk se Wes-gemeente in Charl Cillierstraat 78 tussen 8vm en 2nm en Dandelion J Koffiewinkel in Beyers Naudéstraat 55A tussen 2nm en 5nm.
Onthou om die items binne in die boks te verpak en die boks met breë kleefband te versterk voordat dit met drie lae koerantpapier oorgetrek word.
Alle bokse word per Interlink-vragmotor na Wellington vervoer.




