ANC wen tussenverkiesing in Bethal Wyk 28 met slegs ses stemme
Vanjaar het die DA slegs 35.80 persent stemme gekry, teenoor die 45.01 persent stemme wat hull in 2016 gekry het. Kieser opkoms was slegs 34.01 persent.
BETHAL – Mnr. Mabhiyane Andries Sipela, ANC kandidaat vir Wyk 28 in Govan Mbeki Munisipaliteit het op Woensdag, 9 Oktober, die tussenverkiesing gewen.
Dié party het die setel by die DA gewen.
Vanjaar het die DA slegs 35.80 persent stemme gekry, teenoor die 45.01 persent stemme wat hulle in 2016 gekry het.
Kieseropkoms was slegs 34.01 persent.
In Wyk 28 het die ANC 701 stemme, VF+ 695 stemme die DA 514 en EFF 48 gekry.
Uit die wat gestem het, het die ANC en VF+ albei 36 persent behaal.
Hoewel die ANC, die VF+ met net ses stemme geklop het, het die VF+ van sewe persent tot 36 persent gegroei.
“Hier het die VF+ byna ‘n geskiedkundige oorwinning behaal. Ons bedank almal wat die moeite gedoen het om vir die VF+ te stem. Ons is wenners al het ons net met ses stemme teen die ANC verloor. Die uitslae wys dat daar wel mense is wat bereid is om vir ons beleid en vir ons toekoms te stem. Die harde lesse wat geleer is, is dat om die amptelike opposisie te wees, beteken dat die belastingbetaler en dienslewering belangriker is as om politiese profiele te bou.
“Die VF+ sal aanhou om te veg vir Wyk 28 se inwoners, en seker maak dat die beste dienste gelewer word. Ons wens die ANC, DA en EFF alle voorspoed vir die toekoms,” het me. Michelle Rademeyer, die VF+-kandidaat, gesê.



