BETHAL – Jim van Tonderskool het het vanjaar ‘n “I CAN”-projek geloods.
Met dié projek is blikkieskos en ander nie- bederfbare produkte van 1 tot 30 September ingesamel.
Omdat die skool omgee en ten alle tye ‘n positiewe bydrae tot die gemeenskap wil lewer, is dié projek geloods.
Die doel van die projek was om leerders te leer om vir mekaar en ander om te gee. Die skool wou hul leerders ook leer om uit dankbaarheid, vir dit wat hulle het, vir minderbevoorregtes te kan gee.
Leerders kon tydens die skool se ‘Happy Socks-dag’, snaakse kouse aantrek.
Onderwysers het ook deelgeneem en almal het ruim bygedra.
Sakelui is genader om die projek te ondersteun en die skool bedank mnr. Henk Smit van Bethal SuperSpar, mnr. Carlos de Gouveia van Ok Foods en elke ander persoon wat tot die projek bygedra het.
Die kos is aan behoeftige gesinne uitgedeel.




