Local newsNews

Televisiespan besoek Kosmos Aftree-oord

Die span het ’n geleentheid gehad om oor die terrein te beweeg en ook in die sitkamer, wat spesiaal ingerig is vir familielede van verswakte bejaardes, stilgestaan.

‘n Filmspan van KykNET het op Donderdag 10 Oktober by die Kosmos Aftree-oord opgedaag om blootstelling aan die tehuis op ‘n oggendprogram te gee.

Mnr. Jack la Grange, bestuurder, het dié inisiatief in samewerking met die bestuur, van stapel gestuur en deel van die reëlings was ‘n ‘high tea’ in die plek van middagete.

Die span het ‘n geleentheid gehad om oor die terrein te beweeg en ook in die sitkamer, wat spesiaal ingerig is vir familielede van verswakte bejaardes, stilgestaan.

Mee. Louise Visagie, Arista van der Merwe, mnre. Sean du Preez (KykNET), Jamie Visagie (KykNET) en Jack la Grange (bestuurder: Kosmos Aftree-oord).
Die filmspan van KykNET het ook in die sitkamer waar familielede van verswakte bejaardes kan kuier, beeldmateriaal gekry.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button