Local newsNews

Jong seun met liesbreuk sterk na operasie aan

“Stefan moet vir vier weke tuis bly, maar hy verlang al klaar terug na skool en sy maats,” het me. Bothma vertel.

SECUNDA – Stefan Bothma (9) sterk goed aan nadat hy onlangs ‘n liesbreukoperasie ondergaan het.

Dié graad 3-leerling van Laerskool Goedehoop het bykans ‘n jaar met dié breuk, wat mettertyd vererger het, geloop.

Volgens sy ma, me. Wendy Bothma, is hy baie dapper.

“Hy lyk al sommer baie beter,” het sy Donderdag, 3 Oktober vertel.

Sy en haar man, Leon, het nie ‘n mediese fonds nie, en hulle het heelwat geld nodig gehad om hul seuntjie te laat opereer.

Stefan se liesbreuk het ook op ‘n ongewone plek gesit wat die operasie meer tegnies gemaak het.

Die Bothmas is onseker of die breuk sedert geboorte bestaan het en dat dit eers verlede jaar begin wys het, en of die breuk gebeur het weens ‘n skop wat deur ‘n ander seun toegedien was.

Weldoeners in die gemeenskap wat van Stefan se penarie gehoor het, het binne dae die geld wat vir die operasie benodig was, ingesamel.

Stefan is die Bothma-egpaar se enigste kind.

“Stefan moet vir vier weke tuis bly, maar hy verlang al klaar terug na skool en sy maats,” het me. Bothma vertel.

https://www.citizen.co.za/ridge-times/146221/stefan-bothma-kan-nou-vir-operasie-gaan/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button