Opera-sangers gaan saam met gemeente sing by Kerssangdiens
Die plan is ook dat die gehoor tussendeur die groep se program ook by die musiekaand betrokke raak.
SECUNDA – Die La Africa Opera-groep tree op 10 November by die NG Kerk Goedehoop se Kerssangaand op.
DiƩ aand gaan die tenore, soprane en musikante ook saam met kerkkoor en selfs die gemeentelede optree.
Hulle gaan saam bekende Kersliedere onder leiding van die orrelis Danie Senekal en drie trompetspelers sing.
Die plan is ook dat die gehoor tussendeur die groep se program ook by die musiekaand betrokke raak.
Buchanan Marais is die stigter van die La Africa Opera Company.
Hy bespeel die orkesfluit, panfluit en harmonika (mondfluitjie).
Marais het musiek aan die Wits Universiteit studeer met fluit as eerste instrument.
Hy het ‘n loopbaan as solo- en orkesmusikant gevolg en het later ook die Ictus-vermaakagentskap gestig.
La Africa se musikante en sangers is altyd geoefen en die groep is streng chic.
Die Kerssangaand se program begin stiptelik om 6.15nm en die musikante van om 6.30nm met hul vertoning weg.
The deure open 6nm. Toegang is gratis vir almal.



