GJ Swart, ’n graad 11-leerder van Hoërskool Ermelo het op 12 Oktober die voorreg gehad om sy besigheidkonsep aan ’n paneel beoordelaars wat onder andere die burgemeester van Kaapstad ingesluit het, te kon voorlê.
Hy het reeds in Julie vir Mentorvennoot se Entrepreneurskap-kompetisie ingeskryf.
Na afloop van die evaluering van die inskrywings, is sy konsep gekies as een van die top 12 in Suid-Afrika.
Hy is daarna uitgenooi na die gala-geleentheid in Kaapstad waar hy met die hoogste toekenning van die dag, die Mentorvennoot Entrepreneur van die Jaar vir 2019, weggestap het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



