CrimeNews

Polisie oorhandig sertifikaat aan buurtwag as erkenning vir hul bydrae

Volgens mnr. Moll, was dit vir hom ’n roeping om by die buurtwag betrokke te raak om Standerton sodoende ’n veiliger en ’n beter plek te maak.

Mnr. Gerhard Moll, voorsitter van AfriForum se Standerton-buurtwag, het onlangs tydens AfriForum se nasionale patrollie ‘n sertifikaat van die polisie ontvang vir goeie samewerking en die strewe om misdaad in en om Standerton te bekamp.

Lt.-kol. T.R. Sikhakhane van die Standerton Polisie het die sertifikaat aan mnr. Moll oorhandig.

Volgens mnr. Moll was dit vir hom ‘n roeping om by die buurtwag betrokke te raak om Standerton sodoende ‘n veiliger en ‘n beter plek te maak.

Die buurtwag doen weekliks ‘n patrollie en ook maandeliks ‘n massapatrollie.

Tydens die nasionale patrollie het buurtwagte op Standerton, Piet Retief, Secunda, Delmas en Eloff, asook die Argent-plaaswag, polisiëringsigbaarheid in hul onderskeie gebiede verhoog.

Die patrollie is in samewerking met die polisie, plaaslike gemeenskapspolisiëringsforums en sekuriteitsmaatskappye uitgevoer.

Altesaam 230 patrolleerders, wat sekuriteitsmaatskappye en veiligheidsinstansies insluit, het 3 830km met 112 voertuie afgelê.

Die patrollie het omstreeks 4nm begin en tot 6vm die volgende oggend geduur.

Buurtwagte het hulp tydens dronkbestuurvoorvalle, pogings tot huisbraak en verskeie motorongelukke verleen.

“Die Hoëveld-buurtwagte sal voortdurend misdaad in samewerking met die polisie en veiligheidsinstansies hokslaan,” het mnr. Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek, gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button