Local newsNews

Bejaardes leer meer oor veiligheid by Davies Court

Volgens mnr. Jan du Plessis, Secunda se tak-voorsitter, was die inwoners besorgd oor hul veiligheid en het AfriForum die bejaardes die kans gegee om bydraes te maak.

SECUNDA – AfriForum se Secunda-tak het verlede Woensdag, 16 Oktober, die bejaardes van Davies Court gehelp om veiligheidsbewus te raak.

Dié kuierdag was deel AfriForum se Ankerdorp-padskou.

Volgens mnr. Jan du Plessis, Secunda se tak-voorsitter, was die inwoners besorgd oor hul veiligheid en het AfriForum die bejaardes die kans gegee om insette te maak.

“Die inwoners het nou hul eie interne veiligheidsgroep op WhatsApp,” het hy vertel.

Die inwoners het ‘n groep op Zello gestig en die meeste inwoners is nou lede op dié kanaal.

Mnr. Du Plessis het vertel dat die inwoners ook nood-koordineerders gekies.

“Elk van hierdie koordineerders sal ‘n glimbaadjie ontvang wat maklik uitgeken kan word.

“Ons gaan ook reel dat die oues basiese eerstehulp- en brandbestryding-opleiding sal ontvang.

“Die noodplan sal ook aan almal verduidelik word en elkeen se pligte en verantwoordelikheid sal gedelegeer word,” het mnr. Du Plessis verduidelik.

Volgens hom sal Davies Court binnekort ‘n proef-noodoefening doen.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button