Seniors haal uit by Hervormde Kerk se verskeidenheidskonsert
’n Konsertina en Otto-harpspel is vir die boeremusiek ingespan en ook was daar die komediebydrae van mnr. Jack la Grange.
Die Hervormde Kerk het op Vrydagaand, 17 Oktober ‘n verskeidenheidskonsert aangebied.
Items het gewissel van ‘n toneelstuk, sangsolo’s, koorsang en voordragitems tot die immergewilde boeremusiekbydrae.
Kerrie en rys wat vooraf bestel moes word, is te koop aangebied en die konsert het om 7nm begin met nie slegs gemeentelede, maar ook die publiek, wat tot die vermaak bygedra het.
Dr. Willie Koen (sr.) het die pligte van seremoniemeester behartig.
‘n Konsertina en Otto-harpspel is vir die boeremusiek ingespan en ook was daar die komediebydrae van mnr. Jack la Grange.
Twee gemeentelede, mnr. Flip Coetzer en me. Hazel van Vuuren, albei in die 80’s, het getoon dat nootvastheid op ‘n senior ouderdom nie vergesog is nie.
“Dit was nie amateuragtigtig nie, maar ‘n konsert waar professionaliteit die botoon gevoer het,” het me. Dina Hohls, ‘n inwoner, gesê.





