SECUNDA – Projek Winterhoop het vanjaar R14 400 ingesamel en 1 400 komberse gedurende die winter uitgedeel.
Geld om dié komberse te koop, het gekom vanaf die N.G. Kerk Secunda-Oos-gemeente, die Rondekerk, die Kruik Kerk, die AGS Kerk op eMbalenhle, KPMG en die Vukta Taxi Assosiasie.
Me. Esmé Visser, koördineerder van dié projek, het gesê die leerders en onderwysers was opgewonde oor die gemeenskap se betrokkenheid by die leerders wat meestal in plakkershuisies woon.
Past. Wilton Masibane het met leerdes oor die liefde van Jesus gepraat terwyl die komberse uitgedeel is.
Die organiseerders van House of Mercy, het die gemeenskap, asook Pick n Pay vir hul bydrae bedank om te help om kruideniersware in te samel vir Mandeladag.



