Local newsNews

Bethallers rol moue op vir skoonmaakprojek

Inwoners en lede van die AfriForum Bethaltak het op Saterdag, 19 Oktober bymekaar gekom om rommel op te tel.

BETHAL – Me. Gene Joubert, ‘n inwoner, het die inisiatief geneem om ‘n skoonmaakprojek in dié dorp van stapel te stuur.

Inwoners en lede van die AfriForum se Bethaltak het op Saterdag, 19 Oktober bymekaar gekom om rommel op te tel.

Sy het die gemeenskap betrek en gevra dat mense self ‘n verskil moet begin maak.

AfriForum het besluit om saam te span en het ook hul moue opgerol en gehelp.

Me. Joubert het gesê: “Duisend dankies aan almal wat vanoggend uitgekom het om die gemeenskap-skoonmaakprojek ‘n sukses te maak. Meer as die 90 sakke vullis is langs Davelweg opgetel. ‘n bakkie vol glasbottels en plastiek is gevat vir herwinning geneem. Spesiale dank aan AfriForum Bethal wat saam met ons kom hande vuil maak het. Julle is tops!”

Sy is reeds besig om die volgende projek te reël en hulle be-oog om weer in November ‘n skoonmaaksessie te doen.

“Kom ons maak ‘n verskil deur ook die gebied voor ons eie erwe skoon te hou, al is dit nie jou vullis nie. Ons vra mooi dat sakelui ook betrokke raak en ook voor hul geboue sal skoon hou.

“Rommelverwydering is ook privaat in Bethal beskikbaar en enige iemand kan my kontak, as julle ‘n nommer soek van persone wat sakke weg ry. Asseblief, moet nie julle vullis in die veld gaan gooi nie.”

As jy wil betrokke raak, skakel of stuur ‘n boodskap per WhatsApp na me. Gene Joubert by 079 697 7330.

Mnr. Riaan Smit, ’n inwoners het ook gehelp om rommel op te tel.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button