NG Kerk op Bethal bied weer Pastoriemark aan
Die mark streef na ’n kersmark met unieke, produkte van gehalte waar entrepreneurs van oraloor hoofsaaklik handgemaakte artikels uitstal.
Die Pastoriemark word weer vanaf 26 November tot 29 November deur die N.G. Kerk Bethal-Oos aangebied.
Vanaf 9vm tot 7nm kan feesgangers die mark by die kruising van Wichtstraat en Hoëveldlaan besoek.
Die mark streef na ‘n Kersmark met unieke, produkte van gehalte waar entrepreneurs van oral oor hoofsaaklik handgemaakte artikels uitstal.
Van heuning tot braaiers, kleinkoekies tot silwer juweliersware sal te koop wees en kaartmasjiene is beskikbaar vir maklike betaling by die uitgang van die kerksaal.
Dié mark het sewe jaar gelede ontstaan toe ds. Annatjie Marais haar pastorie beskikbaar gestel het vir stylvolle uitstallings in ‘n groot gedeelte van die huis.
Sedertdien het dit uitgebrei en ontwikkel tot ‘n kuiermark met ‘n gesellige atmosfeer.
Daar sal vanjaar weer ‘n teetuin wees en saans word wegneemetes voorsien.
Op die spyskaart is bobotie vir Dinsdag, hoenderpastei vir Woensdag en lasagne vir Donderdagaand.
Die inkomste van die mark plaas Tutela Gesinsorg Bethal in die gunstige posisie om buitengewone dienste vir behoeftige gesinne te lewer, soos terapie, mediese sorg of waar nodig, assessering deur spesialiste.
Vir meer inligting, besoek hul Facebook-blad of tree met die organiseerder, me. Marita Oosthuizen, by maritao@vodamail.co.za in verbinding.
Inligting verskaf



