SECUNDA – Hoërskool Secunda is as die beste Mpumalanga-skool in die Suid-Afrikaanse Wiskunde Olimpiade aangewys.
Kriteria wat in ag geneem word vir dié benoeming, is hoeveel aantal deelnemers per skool aan die olimpiade deelneem, die gemiddeld verwerf in elke ronde en hoeveel deelnemers na die volgende ronde deurgedring het.
Me. Christa van Tonder het ‘n glansgeleentheid wat onlangs op Gordonsbaai gehou is, bygewoon en die prys ontvang.
Jan-Hendrik Groenewald, ‘n leerder aan Hoërskool Secunda was die enigste leerder in Mpumalanga wat na die eindronde van dié olimpiade deurgedring het.
Hy het ‘n medalje vir dié prestasie ontvang, asook twee kontantpryse vir sy prestasie op provinsiale vlak waar hy as beste quantile 5-deelnemer en beste presteerder in die juniorafdeling aangewys is.
Die leerders wat deelgeneem het aan die olimpiade is Tyrone van Niekerk, Lizandri Mans, Johan Nel, Armand Kwooitz, Michael Botha, Anja Smith, Marnus Alberts, Danika de Bruyn, Lerina Griffen, JD Kotze, Anchal Chathury, Fundiswa Ngcongwane, Riccardo Daneel, Heike Malan, Jan de Jonge, Kasongo Kilonda, Gerdus Alberts, Zanelle Oberholzer, Daniel Bezuidenhout, Ruan Kalse, Suane Vermaak, Lianke de Vries, Corne Lategan, Mia Louw, Atlekgang Chiloane, Sivanya Pillay, Ashlin Budharam, Masindi Nekhubvi, Marunis Smith, Mia Jansen van Rensburg, Henri Viljoen, Marisa Moodley, Amiel Somaru, Stephan Oberholzer, Lune Meyer, Ruchelle van Heerden, Franco Higgins, Anjali Morar, Kea Moiloa, Jan-Diederik Kwooitz en Tashim Karim.




