Morgenzon Polisie en Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) het op 18 Desember ’n voertuig met drie roofverdagtes agternagesit.
Daar word verneem dat die insittendes van die voertuig beweerdelik ’n vrou in Morgenzon beroof en was daarna onderweg na Standerton.
Morgenzon Polisie het KVD om hulp gevra, en ’n noodplan is geaktiveer.

Die voertuig is tot stilstand gebring toe die vlugtelinge Standerton binnegekom het en drie verdagtes is in hegtenis geneem.
KVD het al die rolspelers bedank.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



