Hoërskool Ermelo het ’n slaagsyfer van 98,6% behaal, nadat die uitslae van die 2019 eksamen op 8 Janaurie bekend gemaak is.
’n Totaal van 70% van die leerders het met universiteitsvrystelling geslaag, terwyl 24% vir verdere tersiêre opleiding gekwalifiseer het.
Twee leerders het nie aan die vereistes voldoen nie, maar het wel vir die aanvullingseksamen gekwalifiseer .
EHS het altesaam ’n totaal van 94 onderskeidings en 163 B-simbole behaal.
Daniel van der Merwe is EHS se top presteerder met 84% gemiddeld en agt onderskeidings.
Hanné Swart, Nicole Venter, Walter Visser en Jané Willemse spog elk met sewe onderskeidings.
Leané von Wielligh het ses onderskeidings, Klarissa Joubert vyf onderskeidings en Marla Oosthuizen het vier onderskeidings behaal.



