Die CVO Skool Ermelo het op 23 Januarie die skool se 25ste bestaansjaar gevier.
Leerlinge en personeellede het smullekker kolwyntjies geniet tydens die viering.
Op 23 Januarie 1995 is die skool geopen met slegs 12 kinders.
“Die skool het met feitlik niks, afgesien van ons geloof, begin nie,” het me Riata Volschenk, skoolhoof, gesê.
“Dié groot stap moet as ʼn geloofsdaad deur ons ouers, beskou word.
“Vandag, 25 jaar later, kan ons met dankbaarheid getuig dat alles wat ons bereik het, net deur genade van God is.
“Baie dankie aan elke personeellid, ouer en leerling wat gedurende hierdie 25 jaar ʼn deel van die CVO Skool Ermelo was.
“Veels geluk CVO Skool Ermelo ons wens jou alle voorspoed vir die toekoms toe!”



