Mnr. Gerhard Brand, die nuwe skoolhoof van Ligbron Akademie vir Tegnologie, is op 15 Januarie op die Liggie-manier by die skool verwelkom.
Leerders het ’n erewag vanaf die voorportaal tot by die saal gestaan, waardeur mnr. Brand en sy vrou, Erika, gestap het.
Hulle is met groot toejuiging ontvang.
SIEN OOK: GALERY – Rekords spat by Ligbron Akademie vir Tegnologie
Mnr. Dup van Rensburg, voormalige hoof van Ligbron, het tydens die saalopening mnr. Brand se kers aangesteek, waarna hy sy blou baadjie ontvang het.
Mnr. Brand was voorheen die hoof van KHS (Klerksdorp Hoërskool) en deel dieselfde waardes en beginsels wat die kern vorm van Ligbron Akademie vir Tegnologie.
Die personeel en leerders van Ligbron is saam met mnr. Brand opgewonde vir die nuwe era wat voorlê.




