NewsSchools

Tyrone Berning ontvang distriksprys vir beste baan- en veldatleet vir laerskoolseuns

Tyrone het in 2019, as leerder van Laerskool JJ van der Merwe, ’n eersteplek in hoogspring by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap logespring.

Tyrone Berning, ’n gr.8 leerder by Hoërskool Ermelo is onlangs deur die Departement van Onderwys by die Gert Sibande-

Distrikstoekennings vir sy prestasie in atletiek vereer.

Tyrone het in 2019, as leerder van Laerskool JJ van der Merwe, ’n eersteplek in hoogspring by die Suid-Afrikaanse Kampioenskap logespring.

LEES OOK: EKSKLUSIEF AANLYN: Erries verwelkom nuwe graad agt-leerders

Hy het dié eerste plek met ’n hoogte van 1,74m behaal en het die distriksprys vir beste baan- en veldatleet vir laerskoolseuns ontvang.

Dié kranige atleet is reeds besig om naam by Hoërskool Ermelo te maak, waar hy vanjaar tydens die interhuisbyeenkoms die 300m-hekkies en hoogspringrekords vir S0/14 verbeter het.

Hy het die hoogspringrekord van 1.75m wat sedert 1989 staan, na 1.81m verbeter.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button