Die aflos-spanne van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op 5 Februarie aan ’n aflosbyeenkoms by Hoërskool Rob Ferreira in Witrivier deelgeneem.
Ligbron se spanne het vyf eerste plekke, 16 tweede plekke, nege derde plekke en vyf vierde plekke ingeryg.
Die atletiekspan het op 8 Februarie aan die Puma Atletiekbyeenkoms by Hoërskool Nelspruit deelgeneem.
Ligbron se atlete het goeie prestasies vir die dag opgelewer en 14 goue medaljes, nege silwer medaljes en 14 brons medaljes huistoe gebring.
Mnr. Gerhard Brand, Ligbron se hoof, het gesê: “Baie geluk aan elke Liggie met julle besondere prestasies.
“Mag julle die vrugte van julle harde werk tydens die Interhoër Byeenkoms afwerp.”



