NewsSchools

Dup van Rensburg dra die lig

Dit is vir Ligbron 'n groot eer om mnr. Van Rensburg geluk te wens met dié uitmuntende prestasie. 

Mnr. Dup van Rensburg, voormalige skoolhoof van Ligbron Akademie vir Tegnologie het op 15 Februarie die nuus ontvang dat hy die

Nasionale Lewenslange Prestasie-toekenning gewen het.

Mnr. Van Rensburg was in 2019 aangewys as die Gert Sibande-streekwenner van die Nasionale Onderwys-toekenning.

Vandaar het hy deurgedring na die provinsiale rondte wat hy ook gewen het.

Hy het saam met die ander provinsies se wenners deurgedring na die nasionale rondte.

Dit is vir Ligbron ‘n groot eer om mnr. Van Rensburg geluk te wens met dié uitmuntende prestasie.

Mnr. Van Rensburg het met die volgende pryse weggestap: ‘n Renault Kwid, rekenaar, selfoon met data, Wifi rooter, R12 500 kontant, ‘n VIA AFRICA-aanlynkursus oor 4IR ter waarde van R6 500, ‘n beurs ter waarde van R30 000 vanaf die Mpumalanga Onderwys Departement om by enige universiteit in Suid-Afrika te studeer, en kamptoerusting ter waarde van R6 500.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button