Local newsNews

Covid-19: Hoe hou Secunda-mammas hul jong kinders in die grendelstaat besig?

Ridge Times het vir ’n paar mammas van Secunda gevra hoe hulle hul kleingoed in dié tyd besig hou. Me. Ronel Smit hou haar kleinding, Hanco Smit (9), ’n gr.4-leerder aan Laerskool Kruinpark, besig met tuisonderrig, om lego-blokkies te bou, met sy hond te speel, te help in die groentetuin en hy braai vir hom …

Ridge Times het vir ’n paar mammas van Secunda gevra hoe hulle hul kleingoed in dié tyd besig hou.

Me. Ronel Smit hou haar kleinding, Hanco Smit (9), ’n gr.4-leerder aan Laerskool Kruinpark, besig met tuisonderrig, om lego-blokkies te bou, met sy hond te speel, te help in die groentetuin en hy braai vir hom en sy ma en bak en brou graag saam met haar.

Me. Petro Scheepers doen ook tuisonderrig met haar drie kinders, Chane (gr.9), Licha (gr.6) en Janco (gr. R).

Marilie Deavall (gr.4) doen skoolwerk gedurende die 21 dae inperkingstyd.

“Ek is regtig nie ’n onderwyser nie en ek werk self nog van die huis af en redigeer foto’s vir ’n groot deel van die dag,” het me. Scheepers gesê.

Haar oudste doger, Chane, kry haar huiswerk by die skool. Sy is gedissiplineerd en gaan op haar eie aan.

Sy gebruik die webtuiste, Wolkskool, waar sy ekstra werk kry en haar onderwysers stuur video’s wat sy ook gebruik om haar skoolwerk te doen.

Licha doen ook daagliks skoolwerk wat die skool aanstuur en gebuik ook Wolkskool en werkkaarte.

Die twee sussies, Marilie (gr.4) en Carina Deavall (gr.7) speel vingerbord gedurende die inperkingstyd.

Janco se onderwyser het sy werkboek huis toe gestuur en hy werk daagliks in dit. Hy kleur in en teken en gebuik Big Boet op die rekenaar wat hom daagliks besig hou.

Me. Marinda Viljoen sal beslis nie die Mamma van die Jaar-prys wen gedurende die inperkingstyd nie. Sy werk drie dae per week in hierdie tyd.

“Tussendeur moet ek nog huis skoonmaak en wasgoed was êrens inpas, asook my studies en die kinders se skoolwerk,” het me. Viljoen gesê.

Sy kleur egter in dié tyd graag in saam met haar seuntjie, Erich Viljoen (gr. R) en bou lego-blokkies.

Mnr. Trevor Deavall speel speletjies saam met sy dogter, Marilie (gr.4).

“Hulle hou maar hulself besig as hulle my nie help nie,” het sy gesê.

Me. Juanita Fourie se twee dogters, Mieke (8) en Juandri (12), beide leerders aan Laerskool Goedehoop, se persoonlikhede verskil hemelsbreed.

“Mieke hou van kunsvlyt (crafts) en Juandri glad nie,” het me. Fourie gesê.

Juanri het op haar wenslysie gevra vir ’n kitaar en het besluit om dié instrument te leer speel.

“Ek probeer om saam met hulle elkeen iets te doen waarvan hulle hou.

“Ek kan myself so bietjie help op die kitaar al het ek baie jare gelede gespeel.”

Die twees sussies, Mieke (8) en Juandri (12) Fourie doen getrou elke dag hul skoolwerk gedurende die inperkingstyd.

Een van Laerskool Goedehoop se projekte, isoLEER101, gee aktiwiteite deur en een van dié aktiwiteite is om ’n dankbaarheidsjoernaal te skryf en versier.

“Ons probeer daagliks iets in dié joernaal skryf.”

Juandri het een aand vir die gesin pizza cones vir aandete gemaak en die twee sussies het ook al pannekoek vir die gesin gebak.

Verder doen beide elke oggend hersieningswerk wat die skool deurgee en Juandri doen ook ekstra wiskunde, Afrikaans en Engels.

Hulle help ook hul ma met huiswerk soos om die huis skoon te maak en wasgoed te was.

Edrich Vijoen (gr. R) kleur in gedurende die inperkingstyd.

Dis is vir me. Fourie opvallend dat noudat haar kinders self moet skoonmaak, gebeur kamer aan die kant hou sommer vanself.

Hulle pa, mnr. Dirk Fourie, het vir hulle ’n tent opgeslaan en hulle speel graag ‘Survivor’ en bou dan ’n vuur en ‘oorleef’ gedurend die inperkingstyd.

Verder kyk die gesin in dié tyd graag saam televisie-reekse of flieks.

Mnr. Trevor Deavall hou sy twee dogters, Marilie (gr.4) en Carina (gr. 7) besig met skoolwerk soos wat hulle dit ontvang van hul onderwysers en verder ontspan hulle met speletjies soos vingerbord en ander bordspeletjies.

“Ons begin die oggend met skoolwerk en as die weer dit toelaat, speel ons bietjie netball teen mekaar,” het mnr. Deavall gesê.

Handré Viljoen (gr.2) leer hekel tydens die inperkingstyd.
Janco Scheepers (gr. R) kleur graag in en teken gedurende die inperkingstyd.
Licha Scheepers (gr. 6) doen daagliks skoolwerk gedurende die 21 dae inperkingstyd.
Chane Scheepers (gr. 9) hou haarself besig met haar skoolwerk.
Van die koekies wat Hanco Smit (9) en sy ma gebak het.
Die ‘pizza cones’ wat die Mieke en Juandri Fourie vir aandete gemaak het.
Hanco Smit (9) braai vleis vir hom en sy ma.
Hanco Smit (9) doen daagliks skoolwerk gedurende die 21 dae inperkingstyd.
Hanco Smit (9) wys een van die mannetjies wat hy vanuit lego-blokkies gebou het.

Kyk ook:

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button