Local newsNews

Covid-19: Marietjie Skool samel maskers in vir gestremde kinders

Hulle doelwit is om vir elke leerder twee maskers te gee sodra die skole weer begin sodat hulle een masker by die skool kan dra en die ander een huis toe kan neem.

Personeel van Marietjie Skool samel tans geld in om vir hul leerders maskers te laat maak wat hulle kan gebruik as die skole weer heropen.

“Ons is bekommerd oor ons leerders, want ons weet nie hoe streng hulle die inperkingsreëls toepas nie en wat die gevolge gaan wees as die skole weer oopmaak nie,” het die onderhoof, me. Annaretha Fourie, gesê.

Hulle doelwit is om vir elke leerder twee maskers te gee sodra die skole weer begin sodat hulle een masker by die skool kan dra en die ander een huis toe kan neem.

Me. Elreza Bloem wat maskers maak en teen R35 per masker verkoop, sal die maskers teen R30 vir Marietjie Skool maak.

Dié maskers voldoen aan al die mediese standaarde wat onder andere insluit dat maskers drie lae moet hê.

“As ons vir elke kind twee maskers kan gee, sal dit wonderlik wees, maar as ons net een kan kry vir elke kind, sal dit ook baie help.”

Die skool het 330 leerders en benodig dus 660 maskers.

Die bestuur van Marietjie Skool het ook groot ondernemings genader om vir hulle handwasmiddel te skenk wat hulle ook wil gebruik as die skole weer begin.

Vir meer inligting skakel me. Annaretha Fourie by 082 140 0306.


Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news.

Dear reader,

As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.

Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button