[GALERY] Leon Pelser blink uit by fotoklub se April-kompetisie
Belangstellendes is welkom om volgende vergadering in Mei by te woon
SECUNDA – Lede van die Hoëveld Fotografieklub het gedurende die inperkingstyd hul foto’s vir April aanlyn ingeskryf en laat beoordeel.
Mnr. Willie Labuschagne was die beoordeelaar en die voorgeskrewe onderwerp vir April was ‘Paint’.
Dr. Leon Pelser was die beste fotograaf in die voorgeskrewe onderwerpafdeling met sy foto, The Photo Shoot.
Hy het behoorlik uitgeblink by die klub se maandelikse kompetisie en het sertifikate van meriete vir twee van sy ander foto’s, Inside the Flower en Inside Tarantula, ontvang.
Hy het ook die beste foto onder die senior-fotograwe geneem en dié afdeling gewen met sy foto, Balloon Being Inflated.
Mnr. Gerrit Myburgh het die beste foto onder die junior-fotograwe geneem. Sy foto, Those were the Days, het dié afdeling gewen.
Mnr. Myburgh het ook ’n sertifikaat van meriete vir een van sy ander foto’s, Auckland City, ontvang.
Die ander fotograwe wat goed gevaar het en sertifikate van meriete vir hul foto’s ontvang het, is me. Lorraine Botha met haar foto Paint, mnr. Jan Ferreira met sy foto Misty Melissa, mnr. Pierre Jordaan met sy foto Kosmosse by Graceland, me. Sussa Pelser met haar foto’s The Pose en Popspeel en mnr. Danie Smit met sy foto’s Valenci Science Centre en Dust and Spiders.
Die klub se volgende klubbyeenkoms sal na die inperkingstyd by die Scrum In by die Sasol plaasvind. Die byeenkoms word vir Vrydag, 8 Mei om 6.30nm beplan.
Enige iemand is welkom om dié byeenkoms by te woon.
Vir meer inligting, skakel mnr. Jordaan by 082 465 0248.















