Local newsNews

Kleuterskoolonderwyser van Standerton skielik oorlede

’n Gedenkdiens sal vir wyle me. Zelda Human, in ag genome die koronavirussituasie, gehou word

Me. Zelda Human het op Saterdag 11 April in die ouderdom van 57 jaar beswyk.

Sy was ’n kleuterskoolonderwyser by Standerton Akademie en was vroeër by Hompie Kedompie Klueterskool werksaam.

Wyle me. Human het asmatiese bronchitis opgedoen en Jeria Ambulansdienste was op die toneel.

Die gesin het mee. Susan Mocke en Shandré van den Heever, sowel as mnre. Tsepo Tshabalala en Bongani Mavuso vir hul vinnige bystand en hulp bedank.

Die begrafnisreëlings is vanweë die huidige grendeltydperk sodanig dat slegs ’n klein groepie naaste familielede teenwoordig sal wees.

Die Humans het wel besluit om ná die grendeltydperk ’n gedenkdiens te hou.

Reëlings sal mettertyd deurgegee word.

Wyle me. Human word oorleef deur haar eggenoot Danie, dogter Letitia en aanstaande skoonseun Hardus, en haar seun Marnus en sy vrou Lindie.

Ander familielede is ma Rita Clark en pa Nobie Clark, asook haar twee susters, mee. Werda Grundling en Tersia Botha.

Me Human sou in September vir die eerste keer ouma geword het.

“Dit was verblydend om te sien hoeveel mense se harte sy aangeraak het,” het die gesin gesê.

Hulle het ook almal vir die boodskappe, oproepe, bemoediging en liefde met haar afsterwe bedank.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button