NewsSchools

Covid-19: Hoogies bly positief in moeilike tyd

“Ons het van die begin van die inperkingstyd besluit om dankbaar en positief te probeer bly en dit is hoekom ons besluit het om daagliks ’n video op ons sosiale media te laai,” het me. Jonk gesê.

Twee personeellede van Hoërskool Hoogenhout op Bethal het sedert die inperkingstyd op 27 Maart begin het, besluit om daagliks video’s op hul Facebook-blad te laai om mense te motiveer.

Dié twee personeellede, me. Corette Jonk en me. Jenene Booysen, wat vir die skool se sosiale media verantwoordelik is, deel steeds daagliks video’s maar nou is dit die hele skool se inisiatief en nie net meer hulle s’n nie.

“Ons het van die begin van die inperkingstyd besluit om dankbaar en positief te probeer bly en dit is hoekom ons besluit het om daagliks ’n video op ons sosiale media te laai,” het me. Jonk gesê.

Hulle het in hul video’s gesondheispersoneel onder andere vir hul onbaatsugtige diens bedank.

Dit was eers net sy en me. Booysen wat dit gedoen het, maar die leerders en ander personeellede het vinnig betrokke geraak en Hoogies se eerste rugby-, hokkie- en netbalspanne het ook video’s gemaak.

“Ons beplan om vir die res van die inperkingstyd steeds video’s te deel,” het me. Jonk gesê.

Kyk die video’s hier: 

Dag 21
Hoogies = dankbaar, positief
Vandag moes die ‘lockdown’ geëindig het.
Komaan, Hoogies….lag saam met ons.

https://www.facebook.com/hoogenhout.hoerskool/videos/1123584464660092/

Dag 20
Hoogies = positief, dankbaar
Sometimes we just have to change our perspective.
Kyk na die wêreld vanuit ‘n nuwe hoek!
Dankie, graad 8’s!

https://www.facebook.com/hoogenhout.hoerskool/videos/1122727424745796/

Dag 19
Hoogies = altyd dankbaar en positief.
Virtuele klaskamer…behind the scenes!
Matriek Wiskunde Geletterdheid….
The struggle is real!
Ons is trots op elke Hoogie wat onder moeilike omstandighede uithou en aanhou.

https://www.facebook.com/hoogenhout.hoerskool/videos/1121844188167453/

Vir meer videos volg die skakel: Hoërskool Hoogenhout (Facebook)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button