Local newsNews

VLU-vroue deel vinnige en maklike resepte – Dag 1

VLU-vroue van Secunda- en Kinross-takke deel vinnige, maklike resepte wat vroue gedurende die inperkingstyd kan maak.

Resep van die dag (Maandag)

Me. Tracy Fourie het haar resep van taai lemmetjiespoeding met die Ridge Times gedeel.

Bestanddele:

30ml botter

250ml suiker

60ml gesifte koekmeelblom

Sap en die gerasperde skil van vier lemmetjies

500ml melk

4 eiers (die wit en geel geskei)

Metode:

Voorverhit die oond tot 180 grade Celsius. Smeer ’n oondvaste bak met botter.

Meng die botter en suiker. Voeg die koekmeelblom, lemmetjiesap- en skil, melk en eiergele en meng dit.

Klits eierwitte tot styf en vou dit by die mengsel in.

Giet die mengsel in die oondvaste bak en sit in die oond vir 30 tot 50 minute of totdat dit goudbruin is.

Bedien met gevriesde joghurt.

Me. Tracy Fourie se taai lemmetjiespoeding

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button