Local newsNews

VLU-vroue deel vinnige en maklike resepte – Dag 2

VLU-vroue van Secunda- en Kinross-takke deel vinnige, maklike resepte wat vroue gedurende die inperkingstyd kan maak.

Resep vir die dag (Dinsdag)

Me. Sophie Hugo het haar resep van maalvleis-rolbrood gedeel.

Bestanddele:

15ml olie

15ml botter

2 uie, in ringe gesny

2 knoffelhuisies, fyn gedruk

500g maer beesmaalvleis

1 pakkie tamatiepasta

1 blik kersie tamaties

15ml suiker

Sout en peper

1kg brooddeeg

Slaai vir voorsit

Metode:

Voorverhit oond tot 180 grade Celsius. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit. Verhit die olie en botter. Braai die uie en knoffel totdat die uie deurskynend is. Voeg die vleis by en braai tot dit verkleur.

Meng die tamatiepasta deur die mengsel en braai nog effens. Voeg die tamaties by die mengsel en laat 10 minute prut. Geur met die suiker, sout en peper en roerbrasi effens. Laat die mengsel afkoel.

Rol die brooddeeg 1cm dik uit. Versprei die vleis bo-op en rol die deeg op. Sny die rol in skywe en pak die skywe teen mekaar op die uitgevoerde bakplaat. Bak 40-45 minute tot gaar en sit voor saam met slaai.

Me. Sophie Hugo.

Lees ook: Me. Tracy Fourie het haar resep van taai lemmetjiespoeding met die Ridge Times gedeel.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button