NewsSchools

Hoërskool Ermelo se personeel bly gefokus op leerders se akademie

Dié 2020 akademiese skooljaar sal beslis as anders onthou word.

Na aanleiding van die Covid-19 pandemie se inperking het Hoërskool Ermelo se onderwysers sedert die tweede week van die inperking reeds ingespring en uit hul pad gegaan om te verseker dat leerders se akademie nie agterwee gelaat word nie.

Dié 2020 akademiese skooljaar sal beslis as anders onthou word.

Leerders ontvang weekliks werkstukke en verduidelikings van onderwysers.

Mnr. Pieter Grobler, Hoërskool Ermelo se hoof, het gesê: “Die Errie-personeel is optimisties dat ons die voorgeskrewe sillabus sal kan voltooi, en dat sodra die skooljaar weer op dreef is, ons leerders deur middel van hersiening steeds goed sal presteer.”

Hy het bygevoeg dat die Departement van Onderwys nou saam met onderwyskenners en ander leiers op die gebied werk, om praktiese planne in plek te stel sodat soveel moontlik verlore tyd ingehaal kan word.

Die skoolkalender sal aangepas word en daar sal van alle skole verwag word om aan seker vereistes te voldoen.

“Die goeie nuus is dat dié pandemie skole en onderwysers dwing om anders oor onderwys te dink en word ons genoop om kreatief te wees en ander geleenthede te gebruik om te verseker dat ons leerders se akademie nie agter bly nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button