Local newsNews
VLU-vroue deel vinnige en maklike resepte – Dag 3
VLU-vroue van Secunda- en Kinross-takke deel vinnige, maklike resepte wat vroue gedurende die inperkingstyd kan maak.
Resep van die dag (Woensdag)
Me. Sophie Hugo het haar resep van mikrogolfoond-sponskoek gedeel.
Bestanddele:
2 eiers
150ml suiker
250ml koekmeel
40ml kakao
1ml sout
5ml bakpoeier
2ml vanielje
152ml melk
12,5ml margarine
Metode
1. Verhit melk en margarien vir 1 minuut.
2. Klits eiers en suiker tot lig en sponserig.
3. Sif koekmeel en sout saam.
4. Vou meelmengsel by eiermengsel.
5. Gooi bakpoeier by melkmengsel en roer.
6. Vou melkmengsel by meel- en eiermengsel in. Roer vanielje in. Bak in ringpan vir 4-5 minute op hoë hitte.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



