VLU-vroue deel vinnige en maklike resepte – Dag 4
VLU-vroue van Secunda- en Kinross-takke deel vinnige, maklike resepte wat vroue gedurende die inperkingstyd kan maak.
Resep vir die dag (Donderdag)
Me. Fiona Viljoen het haar resep vir spesiale broodjies gedeel.
Neem 2 snye brood en sny die korsies af. Rol dit uit en smeer ’n lagie Bovril op brood, sit velletjie kaas op en ’n worsie en rol dit op.
Sit botter in pan en verhit op stoof. Klits 2 eiers en voeg sout by.
Doop broodjie in eiermengsel en braai in botter.

Lees ook:
VLU-vroue deel vinnige en maklike resepte – Dag 3
Me. Sophie Hugo het haar resep van mikrogolfoond-sponskoek gedeel.
VLU-vroue deel vinnige en maklike resepte – Dag 2
Me. Sophie Hugo het haar resep van maalvleis-rolbrood gedeel.
VLU-vroue deel vinnige en maklike resepte – Dag 1
Me. Tracy Fourie het haar resep van taai lemmetjiespoeding met die Ridge Times gedeel.



