Gert Lottering, oud-inwoner, hoop om binnekort op die been te wees
Gert Lottering kom redelik gemaklik oor die weg met krukke.
Mnr. Gert Lottering, wat na Secunda teruggekeer het, het vanoggend aan die Standerton Advertiser gesê dat daar nog ‘n lang pad voorlê.
Gert het veelvuldige beserings na ‘n ongeluk opgedoen en daar wag nog operasies.
Die koerant het hom destyds in die Standerton Hospitaal besoek en ‘n artikel is gepubliseer. Hy kan reeds self trappe klim met die veselglasgips op sy been wat beweging aansienlik vergemaklik.
“Daar is soveel engele in my lewe wat my bygestaan het,” het hy vanoggend gesê.
“Soveel mense het my ondersteun, gehelp en bemoedig.”
Gert het almal bedank en by name Dr. Van Heerden en vennote en Jeria Ambulansdienste genoem, asook sy werkgewer, Toyota op Secunda.
Die mense wat met vervoerreëlings die ekstra myl geloop het, is ook bedank.
“Alle eer aan die Here wat my deur ‘n moeilike tyd gedra het en nog steeds dra,” het Gert afgesluit.
Lees ook:
https://standertonadvertiser.co.za/101710/gert-lottering-oud-inwoner-ernstig-beseer-na-ongeluk/



