Lourens de Beer van Ermelo sê fotografie is kuns
Mnr. Lourens de Beer neem al vir die afgelope 43 jaar fotos
Mnr. Lourens de Beer is ’n bekende fotograaf in Ermelo en het al menigte Ermeloërs se gunsteling herhinneringe deur sy lens vangevang.
Hy is ’n gebore Ermeloër en het sy skoolloopbaan by Laerskool Ermelo afgeskop en het aan Hoërskool Ermelo matrikuleer.
Hy het vertel dat hy altyd ’n liefde vir teken gehad het en het gereeld met ’n pen in die middel van sy skrifte geteken.
“Ek dink my liefde vir fotografie het van teken ontwikkel en ek het in gr.10 met my pa se Kodak Instamatic-kamera begin eksperimenteer.”
Die feit dat sy oupa altyd te besig was met sy 8mm rolprentkamera en die aande wat hulle as gesin die tuisgemaakte films en elke Charlie Chaplin film wat hul kon kry gekyk het, het sy belangstelling in fotografie geprikkel.
Hy het sy eerste kamera, ’n Asahi Pentax Spotmatic F, in 1977 gekoop en bewaar dié kamera vandag nog veilig.
“Ek het in die middel van 1977 by die Suid-Afrikaanse Lugmag aangesluit en as lugmagfotograaf, fotografie en elektronika studeer.”
Hy neem al vir die afgelope 43 jaar fotos en hoewel hy glo dat die woord ‘volmaak’ nie by kuns gepas is nie, het hy vertel dat hy graag die tyd en geld sou wou gehad het om sy tegnieke meer gereeld te beoefen en te volmaak.
Sy gunteling genre is portrette en reisfotografie waar hy eeu-oue plekke se karakter in ’n kunswerk kan vasvang.
Toerusting waarsonder mnr. de Beer nie kan nie, is sy 24-70mm F/2.8-lens.
Vir dié lens het hy vertel moes hy baie lank spaar, maar omdat hy lief vir portret- en reisfotografie is, kan hy nie sonder dié lens in sy kamerasak klaarkom nie.
Net soos in enige ander kuns, het elke fotograaf sy eie styl waarop hy fokus en poog om dit te vervolmaak.
“Ek hou van meer donker, ‘moody’ foto’s, met pikswart en donker skakerings wat sag opbou na die ligter fokus van die onderwerp.”
Hy bewonder die werk van die fotograaf Annie Lebovitz.
“Sy het ’n soort vryheid as mens in haar werk wat ek graag sou wou hê.”
Mnr. de Beer se raad aan alle nuwe fotograwe, is om hul toerusting te leer ken, en hulself uit te leef in dit wat hulle graag wil doen.
Om meer van mnr. de Beer se werk te beskou, besoek gerus sy Facebook-bladsy, Lourens de Beer Photography – JudyLou Studio.



