NewsSchoolsUpdate

Matriekleerder van Hoërskool Oosterland toets positief

Volgens haar was die kind gister by die skool en het geen simptome van die virus getoon nie. “Ons was dus nie bewus van ’n moontlike positiewe geval nie,” het me. De Vries gesê.

’n Matriekleerder het laat gistermiddag 18 Junie, positief getoets vir Covid-19.

Die skool se skakelbeampte, me. Liné de Vries, het gesê die skool is eers Donderdagaand in kennis gestel dat die leerder positief getoets het en al die nodige maatreëls volgens die Departement van Gesondheid is gevolg.

“Ons sal nooit die personeel en die ander leerders blootstel en iemand by die skool toelaat as ons weet daar is ń positiewe uitslag nie.” het me. De Vries gesê.

“Gesondheid begin by elke persoon, as jy siek voel of vermoed jy het die virus, moenie werk toe of skool toe gaan nie.

Ouers word juis daarom gemaan om nie hul kinders skool toe te stuur as hulle wag op uitslae van toetse vir Covid-19 nie of vermoed hul kinders het die virus nie.”

Volgens haar was die kind gister by die skool en het geen simptome van die virus getoon nie.
“Ons was dus nie bewus van ’n moontlike positiewe geval nie,” het me. De Vries gesê.

Die skool het gisteraand laat ’n SMS aan ouers gestuur en gesê die skool is gesluit vir Vrydag.

Hoërskool Oosterland is vandag gedisinfekteer en volgens die SMS wat ouers ontvang het, is die eksamen wat leerders sou skryf, na Maandag geskuif.

Ouers is ontsteld omdat dié SMS niks noem daarvan dat ’n leerder positief getoets het nie.

Lees ook: Teacher in Secunda tests positive for Covid-19


Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button