
AfriForum het op Maandag 8 Junie ‘n persvrystelling uitgereik oor hul Mpumalanga-takke wat skole in dié provinsie op verskeie maniere bygestaan het om hulle te help met die heropening.
Dié inisiatief vorm deel van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek wat in samewerking met AfriForum Jeug aangepak is.
Volgens die persvrystelling, is skolehulppakkette saamgestel en na takke regoor die provinsie versprei wat die druk op skole verlig, wat reeds finansieel sukkel weens die inperking,
Die pakkette bevat Covid-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders.
Verskeie skole is ook deur AfriForum-lede ontsmet deur misblasers te gebruik wat groot gebiede vinnig en deeglik met ontsmettingsmiddels kan bespuit.
Laerskool Kalie de Haas, Laerskool Jeugkrag en Standerton Akademie was besoek.
Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news
Dear reader,
As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).



