SECUNDA – Gabriëlla Stemmet, ‘n gr. 8-leerder aan Hoërskool Secunda, het bewys dat sy ‘n gebore spreker is en het haar talente beslis nie onder ‘n maatemmer weggesteek tydens die grendeltyd nie.
Sy het onlangs aanlyn aan die Con Spirito Kunstefees deelgeneem en presteer.
Sy het ‘n A+++ vir Arikaans Huistaal gekry, ‘n A++ vir Engels tweede taal, Afrikaans lees en English reading, en sy het na die nasionale forte ronde deurgedring.
Sy het in die Radikale Redenaarskompetisie ook uitgeblink en ‘n A+ vir Engels gekry en ‘n A vir Afrikaans huistaal, Afrikaans prosa lees, English prose, Afrikaans poësie lees en English poetry reading gekry.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



