NewsSchools

Goedehoop wys jong leerders hoe dinge gaan werk

Leerders geniet kuierdag by skool

SECUNDA – Laerskool Goedehoop het op Donderdag, 18 Junie ‘n kuierdag vir hul gr. 000-, gr. 00- en gr.0-leerders aangebied om hulle te wys hoe dinge by die skool gaan werk as hulle terugkeer skool toe wanneer die inperking weens die koronavirus gelig word.

Die jong leerders moes hul hande was by die hek, almal moet gesigmaskers dra en hul onderwysers het ‘n lint gebruik om hulle te help om hul sosiale afstand van mekaar te hou.

“Ons wou hulle net wys hul juffroue is nog hier en hul klasse lyk steeds dieselfde,” het me. Juanita Fourie, skakelbeampte van Laerskool Goedehoop, gesĂȘ.

Die leerders het in klein groepies in hul klasse in gegaan omdat hulle op verskillende tye die skool besoek het.

Me. Elisma du Plessis lees vir haar leerders ‘n storie op Donderdag, 18 Junie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button