NewsSchools

Leerder by Ligbron Akakdemie vir Tegnologie toets positief vir Covid-19

Hy het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om die leerder en sy familie in hul gebede te hou.

Ligbron Akademie vir Tegnologie het in ’n mediaverklaring bevestig dat een van hul gr. 12-leerders  vir Covid-19 positief getoets het.

Volgens die verklaring is die leerder se simptome vinnig geïdentifiseer en is die leerders in isolasie buite die skoolterrein geplaas.

Mnr. Gerhard Brand, Ligbron se hoof het gesê: “Hy word tans deur medici behandel en die Department van Gesondheid hanteer die geval sowel as die leerders wat in kontak was met die leerder.”

Die skool het vroeg gesluit, waarna die skoolgebou sowel as die koshuise, oor die naweek gesaniteer en gedisinfekteer sal word.

“Ons doen ’n beroep op ouers om hul kinders se gesondheid te monitor en indien hul enige simptome toon, die kind sal tuis hou vir observasie.”

Leerders word aangemoedig om ten alle tye hul maskers te dra en sosiale afstand te hou.

“U kan gerus wees dat Ligbron die situasie met groot verantwoordelikheid hanteer en die leerders sowel as die onderwysers se veiligheid en gesondheid ononderhanderbaar is.”

Hy het ’n beroep op die gemeenskap gedoen om die leerder en sy familie in hul gebede te hou.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Ridge Times in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button